VARS APRIL 2023

'Parkrun' Is 'Park Fun'!

‘n dosyn vriende het bymekaargekom om saam in ‘n park te hardloop. En van daar het dit begin groei! In Suid-Afrika is die eerste “parkrun” in November 2011 in Delta Park, Johannesburg, gehou nadat ‘n internasionale “parkrun”- organisasie die marathon- en ultramarathon-ster, Bruce Fordyce, genader het om die plaaslike “parkrun”-ambassadeur te wees.

Om deel van ‘n “parkrun” te wees, is deesdae die in-ding!

Nog nie daarvan gehoor nie? Lees dan verder.

Die “parkrun”-verskynsel is ‘n gratis gemeenskapsbyeenkoms waar jy vyf kilometer kan stap, draf of hardloop, óf jy kan ‘n beampte of toeskouer wees. Regoor die wêreld vind “parkruns” Saterdagoggende plaas. Om aan ‘n “parkrun” deel te neem, laat jou sommer baie positief voel. Dis inklusief en ja, almal is welkom. Boonop is daar geen tydsbeperking nie. Eintlik eindig niemand ooit laaste nie.

Soos “parkruns” al hoe gewilder geword het, het die behoefte aan plaaslike geleenthede groter geraak. Die eerste “parkrun” in die Wes- Kaap is by die Root 44-mark buite Stellenbosch gehou, wat op sy beurt die behoefte aan ‘n “parkrun” in die Paarl laat ontstaan het.

In die begin was daar…

Die heel eerste “parkrun” is in 2004 in die Verenigde Koninkryk gehou. ‘n Bietjie meer as

"Parkruns

16

VARS | April

Made with FlippingBook - PDF hosting