VARS MAY 2023

Voordeel vir almal In Fairyland word kinders blootgestel aan s osiale kwessies soos armoede, die misbruik van middels, bendegeweld, huishoudelike geweld en mishandeling. Butterfly House probeer om ‘n hoopvolle toekoms vir die kinders te skep en hulle in staat te stel “om in ‘n pragtige skoenlappers te ontwikkel”. Deur ondersteuningsprogramme en ‘n netwerk met verskillende organisasies in die Drakenstein-area word veerkragtigheid gebou om lewensomstandighede te hanteer. Die oorkoepelende doel is om ouers te bemagtig en in staat te stel om verantwoordelikheid vir hul eie kinders se welstand te neem. Die storie van statistieke Onlangse statistieke van Stats SA wys dat 24.6% van die jeug in Drakenstein werkloos is. Van die ouderdom van 20 jaar en ouer het 6.5% laerskool voltooi, 37.7% het hoërskool opvoeding, 27.9% het matriek voltooi, en 11.9% het tersiêre opvoeding. Butterfly House streef daarna om beter geleenthede vir die kinders van Fairyland in die Drakenstein-area te skep. Elke bietjie help Butterfly House verwelkom vrywilligers met ‘n passie vir kinders en gemeenskapswerk. Skenkings (kos, vrugte en groente, kinderklere, skryfbehoeftes, selfsorg-items soos seep, tandepasta, sjampoe en deodorant, asook boeke en opvoedkundige speletjies) is welkom.

13:00, Maandae tot Vrydae, aangebied word. Kinders tussen die ouderdomme van twee en vyf woon die speelgroep by waar die Amazing Brainz-kurrikulum gevolg word. Waar nodig is daar psigososiale ingrypings waar gesinne gehelp word om sosiale probleme te hanteer. Hul nasorgdienste is in twee gedeel: laerskool (6 tot 13 jaar) en hoërskool (14 tot 18 jaar). Jonger leerders woon die program by van 14:30 tot 17:00, Maandae tot Vrydae. Drie dae per week fokus hulle op sosiale vaardighede en die ander twee op akademiese ondersteuning. Vrydae is “Fun Fridays” wanneer die jongelinge hulself deur dans, sang en drama kan uitdruk. Daar is ook ‘n Pionier-groep waar jeugleierskaps-vaardighede aangeleer word. Ouer leerders woon aandprogramme by van 17:00 tot 19:30, Maandae tot Donderdae. Tydens hierdie sekondêre jeugprogram is die fokus op sosiale, professionele en terapeutiese vaardighede sowel as akademiese ondersteuning. Professionele vaardighede wat aangeleer word, sluit in die “Come dine with me”-program, rekenaarvaardighede en die Linkup-program wat fokus op beroepsontwikkeling. Daar is ook die Zazi-program wat fokus op die aanleer van ‘n gesonde leefstyl, insluitende die bewusmaking van geslagsgebaseerde geweld, tienerswangerskappe, misbruik van middels, en hoe om positiewe besluite te neem. Een, twee, drie Om die kinders te help, volg Butterfly House ‘n beloningstelsel. Dis ‘n puntestelsel waar positiewe gedrag soos bedagsaamheid, bywoning, deelname en goedhartigheid beloon word en punte vir baklei, vloektaal, ongehoorsaamheid en ontwrigting weggeneem word. Só leer ken die kinders die gevolge van hul aksies. Punte kan by die beloningswinkel vir persoonlike items soos toiletware, skoolbenodigdhede, klere, nie-bederfbare kos, en sanitêre ware gebruik word.

Vir meer inligting, besoek gerus: www.butterflyhouse.co.za/contact-us Follow us

@drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

23

VARS | May

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator