VARS MAY 2023

Wyk 7 Se Wykskomitee Sien Kans vir Enige Uitdaging

Onder leiding van raadslid Ruth Arnolds word Wyk 7 deur ʾn dinamiese en meelewende wykskomitee bedien, wat die gemeenskap se behoeftes flink aanspreek. Wyk 7 is in Wellington geleë en het ongeveer 9 400 inwoners. Dié wyk lê tussen Bloekomlaan en die Bergrivierpad, en strek vanaf Verbenastraat tot Sandstraat. Dit is die tuiste van ʾn verskeidenheid kerke, skole en kleuterskole. Raadslid Arnolds sê sy is lief daarvoor om met die gemeenskap te werk. “Ek het in 2000 begin met gemeenskapswerk by verskillende organisasies. Dít het my gehelp om die behoeftes in my gemeenskap raak te sien,” vertel sy.

“Ons wykskomitee se missie is om te alle tye ons inwoners van diens te wees en te help, asook hul veiligheid te help verseker. Ons werk nou saam met die gemeenskap om hul behoeftes te kan aanspreek. Met ʾn hardwerkende wykskomitee sien ons kans vir enige uitdaging in Wyk 7,” sê raadslid Arnolds. “Die hoofuitdagings binne ons wyk is bendegeweld, behuising, onwettige vullisstortings en werkloosheid. Ons het WhatsApp groepe waar gekommunikeer word rakende dienslewering en wyksaangeleenthede, en waarop die gemeenskap ook hul klagtes kan deurgee.”

Raadslid Arnolds dien tans in haar vierde termyn by Drakenstein Munisipaliteit. Haar wykskomitee is in 2022 deur die gemeenskap verkies, en bestaan tans uit 10 aktiewe lede wat verskillende portefeuljes behartig, naamlik:

Freek Jacobs:

SMMEs en Klein Besighede

Martin Cloete:

Veiligheid

Diona Monk:

Behuising

Vilencia September:

Sosiale Ontwikkeling en Vroeë Kinderontwikkeling (ECDs)

Seromeo Oliphant:

Parke, Oop Areas en Begraafplase

David Geduld:

Stormwater en Paaie

Anneline Isaacs:

Elektrisiteit en Ligte

Bellmordene Robson:

Sport, Ontspanning, Jeug en Kultuur

Henry Joseph:

Riool en Afval

Frederick Maasdorp:

Bejaardes

26

VARS | May

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator