Die syfers toon dat inflasie na verwagting in 2023 en 2024 sal daal in alle markte wat hier oorweeg word, behalwe Brasilië, en dat die konsensus blyk te wees dat Sjina se terugkeer na COVID-19 nie 'n sekondêre golf van Sjinese of globale inflasie sal veroorsaak nie. Wat egter opmerklik is, is dat daar merkbare verskille is tussen die sienings van verskillende instellings vir die EU spesifiek, beide vir 2023 en 2024. Dit is hoofsaaklik as gevolg van hoë energiepryse in die EU wat implikasies inhou vir die Eurosone se vernaamste handels- vennote. In hierdie verband is die Eurosone Sjina se grootste handels- vennoot met bilaterale handel in 2022 wat byna USD 850 miljard beloop het. Vanuit 'n landbou-perspektief, is die EU en Brasilië die belangrikste uit- voerders na Sjina, gevolg deur die VSA. Beduidende produksiekostedruk in markte soos die EU of Brasilië kan voedselinflasie in Sjina aanwakker en bied opwaartse risiko vir die beskeie inflasionêre vooruitsig van Sjina. 'n Meer waarskynlike uitkoms is egter dat sommige handelspatrone en -neigings, wat oor die laaste paar jaar sigbaar geword het, kan verander. Histories was die VSA die belangrikste landbouverskaffer aan Sjina. Hulle is egter onlangs deur die EU ingehaal. In die lig van die bogenoemde kan Sjina hom weer tot Amerikaanse landbou-invoere wend, aangesien kostedruk in die EU voortduur. Hernude handelsspanning tussen Sjina en die VSA, as gevolg van die VSA wat daarop let dat Sjina nie hul kant van die Fase 1-handelsooreenkoms nagekom het nie, kan egter hierdie siening ontstel. Veranderings in handelspatrone kan ook geleentheid inhou vir lande soos Suid-Afrika om uitvoere na Sjina te verhoog. Om geleenthede te benut wat voortspruit uit veranderinge in handelsvloei hang af van vereistes dat ons kwessies soos dieresiektes, wat ons toegang tot Sjinese markte beïnvloed het, kan aanspreek.
9
Made with FlippingBook - Online catalogs