Beurtkrag Absa Strategie Navorsing het bevind dat ZAR gewoonlik teen 0,8c per fase per dag verswak en, sedert die begin van 2023, het gereelde beurtkrag van fase 4 en hoër deels 'n vinnige depresiasie van die plaaslike geldeenheid tot gevolg gehad. Alle tekens dui daarop dat dit 'n werklikheid sal wees, ten minste vir die volgende 12-24 maande, en gevolglik is geldeenheidanaliste van mening dat die ZAR steeds naby of meer as R18,00 teenoor die USD sal verhandel. Gedurende wintertye is Suid-Afrika se energiebehoeftes ook rofweg 20% meer as in somertye. Dit kan bydra tot meer gereelde/hoër fases van beurtkrag gedurende kouer maande, wat die geldeenheid onder druk sal hou.
Die Suid-Afrikaanse politieke landskap
Algemene verkiesings in Suid-Afrika in 2024 sal ongetwyfeld bydra tot wisselvalligheid in die ZAR namate politieke onsekerheid deursyfer na valutamarkte. ’n Daling tot onder 50% vir die regerende party in 2024 sal koalisies vorendag bring. Dit kan verder bydra tot ’n stilstand in beleidsbesluite en implementering asook die geldeenheid negatief oor die mediumtermyn beïnvloed.
Grys lys Suid-Afrika is in die derde week van Februarie deur die wêreldwye teen-geldwassery - waghond op die gryslys geplaas. Dit plaas Suid-Afrika op ’n gelyke vlak met lande soos Mosambiek, Sirië en Jemen. Die impak van die gryslys plasing is dat Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaanse maatskappye hoër omsigtigheidsondersoeke in die gesig sal staar wanneer hulle transaksies met partye in die buiteland doen, wat 'n hoër koste verbonde aan internasionale transaksies impliseer. Ontleders se sienings verskil oor die impak hiervan op die plaaslike geldeenheid. Sommige merk op dat dit reeds in geldeenheidvlakke geprys is, terwyl ander van mening is dat dit bykomende druk op die ZAR oor die komende maande kan plaas.
11
Made with FlippingBook - Online catalogs