VEE EN GRAANMARKTE
Inkomstedruk is die grootste faktor in lewendehawe-tendense – verbruikers soek waarde vir hul geld Sedert die begin van 2023 is rooivleispryse onder druk. Ons siening is dat dit 'n simptoom is van die verhoogde druk op verbruikers se besteebare inkomste. In teenstelling hiermee het hoenderpryse steeds stewig gebly. Hierdie uiteenlopende tendense veroorsaak verskuiwings in relatiewe pryse van vleisprodukte, wat op sy beurt ook korttermynbestedingspatrone beïnvloed. Figuur 2.1 hieronder toon prysveranderings binne die vleiskompleks oor die afgelope agt jaar. In die figuur is 'n prysindeks vir elke produkgroep geskep vir maklike vergelyking tussen die verskillende produkte, met Desember 2018 as die basisperiode. Waarnemings uit hierdie figuur is die volgende: • Bees- en hoenderpryse het die mees konsekwente opwaartse neiging gevolg, met die neiging vir beesvleis wat eers momentum verloor het gedurende 2019 namate bek-en-klouseer-kwessies na vore gekom het.
• Seisoenale pieke in lamsvleispryse het die afgelope drie jaar toegeneem.
• Groot skommelinge in varkvleispryse is steeds 'n kenmerk van die Suid-Afrikaanse vleislandskap.
16
Made with FlippingBook - Online catalogs