Beesvleis- markdinamika
Beef Market Dynamics
Beesvleispryse het sedert 2019 ’n opwaartse neiging gevolg en, vanaf 2021, het stygende beesvleispryse voordeel getrek uit aanhoudende laer slaggetalle wat deur stygende graanpryse en verhoogde siekterisiko ondersteun is. Vanuit 'n verbruiks- perspektief het laer rentekoerse gedurende 2020 beesvleisverbruik gedurende die eerste deel van die pandemie ondersteun, maar namate die wêreld uit COVID-19 en die gepaardgaande inperkings beweeg het, het inflasiedruk monetêre beleidmakers regoor die wêreld gelei om 'n vinnig-stygende rentekoers siklus te implementeer.
Hoër rentekoerse, gekombineer met druk soos energie- en voed- selkostewat 'n negatiewe effek op verbruikers se besteebare inkomste het, het bygedra tot dalings in die karkas- en kalfpryse wat sedert die begin van die jaar sigbaar is. In hierdie verband het gemiddelde A2/A3- karkaspryse tussen Januarie en Februarie met sowat 4% gedaal, terwyl kalfpryse in reaksie hierop met sowat 6% gedaal het.
18
Made with FlippingBook - Online catalogs