Lamsvleis- markdinamika
Met die toenemende geldeenheidsdruk, lyk
lamuitvoere al hoe meer positief, maar die vinnige groei wat oor die afgelope jare sigbaar is, kan beperk word deur die logistieke kapasiteit om karkasse na uitvoermarkte te skuif.
Lam- en skaapvleispryse ervaar sedert middel 2022 'n dalende neiging. Soos met beesvleis, word dit aangedryf deur aanhoudende en toenemende druk op verbruikers se besteebare inkomste. Hierbenewens het verbeterde veldtoestande in sleutellamproduksiegebiede ook waarskynlik begin bydra tot 'n toename in aanbod. Die skitterende ster van die skaapvleissektor was egter die groei in uitvoere, veral na Midde-Oosterse markte (sien Figuur 2.3 regs). Dit sal waarskynlik in die komende maande steeds prysondersteuning bied.
22
Made with FlippingBook - Online catalogs