Absa AgriTendense 2023 Herfs Uitgawe

Pluimveemark dinamika

Daar was 'n vinnige styging in pluimveepryse regoor die wêreld, aangesien die vraag sterk was as gevolg van 'n sterk herstel na COVID in die ontwikkelde wêreld. Siekte- uitbrake in belangrike uitvoerlande het ook aanbod en handel aan bande gelê. Ontleders verwag egter dat wêreldwye pluimveeproduksie en handel gedurende 2023 sal uitbrei, wat internasionale pryse negatief kan beinvloed. In die Suid-Afrikaanse konteks het pluimveeprodukpryse die afgelope jare vinnige pryslopies aangeteken. Dit is ondersteun deur die genoemde hoër wêreldpryse, depresiasie van wisselkoerse en 'n aansienlike toename in produksie- koste. Met globale pryse wat na verwagting sal daal, kan plaaslike Vooruitsig

prysgroei oor die komende maande verlangsaam, maar sal heel waarskynlik deur 'n swak ZAR ondersteun word. Dit sal spesifiek versterk word deur hoër produksie - koste en laer produksie wat met beurtkrag geassosieer word. Dit moet egter gesien word in die konteks van dalende rooivleis- pryse wat die mate en tempo waarmee

pluimveeprodukpryse kan styg oor die komende maande sal beperk.

30

Made with FlippingBook - Online catalogs