Die voorspelde tendense hierbo word deur die volgende fundamentele faktore ondersteun: Vooruitsig
Plaaslike graanpryse sal na verwagting in die komende jare verslap
Tabel 2.7
Geelmielies
Koring
•
Wêreldwye koringpryse sal waarskynlik oor die medium- termyn daal as gevolg van verwagte verbeterde produksie- toestande vir die VSA en Argentinië. Dit sal na verwagting ook voorraad- tot-gebruik-vlakke verbeter. Wêreldwye koringprysdalings word ook ondersteun deur optimisme rakende die verlenging van die Oekraïne-Rusland Graanooreenkoms vir 2023 met die Oekraïne wat 'n langer termyn vir die ooreenkoms en bykomende hawens soek. Gesprekke gedurende Maart het veroorsaak dat hierdie termyn verleng is, maar met presies hoeveel dae dit verleng is, bly egter onseker. Die Oekraïne beweer dat die verlenging tot 120 dae sal strek, terwyl Rusland dit as slegs 60 dae aangeteken het. Wisselkoersdepresiasie sal na verwagting van die effekte van die uitwerking van globale koringprysdalings in die plaaslike mark teenwerk. Gevolglik volg ons plaaslike prysprojeksies ook 'n afwaartse neiging, maar dit is meer beskeie in vergelyking met globale prystrajekte. Wat geelmielies betref, word daar verwag dat globale pryse oor die mediumtermyn sal verslap as gevolg van die positiewe aanbodreaksie op hoë wêreldpryse. Die voortgesette vloei van mielie-uitvoere vanaf die Swartsee kan ook tot wêreld - wye prysverligting lei. 'n Gunstige
2019 2020 2021 2022
R 4 500 R 5 171 R 5 430 R 7 015
R 2 696 R 2 921 R 3 428 R 4 351
•
Voorspelling
R 3 900 R 3 745 R 3 895
R 6 400 R 6 175 R 5 990
2023 2024 2025
Bron: Absa AgriBesigheid, 2023
aanbodreaksie is reeds duidelik in Brasilië, waar 'n rekordoes verwag word. Uitvoere uit hierdie streek het die afgelope weke aansienlik toegeneem.
•
•
Plaaslik word nog 'n goeie oes van sowat 15,5 miljoen vir die huidige seisoen verwag.
•
Hierdie verwagting het plaaslike pryse tot onder pariteitsvlakke gedruk. Met hoë produksie wat in die meeste van ons tradisionele streekhandelsvennote verwag word, sal diepsee-uitvoere nodig wees om van oortollige produksie ontslae te raak. Kapasiteit vir diepsee-uitvoer is slegs sowat 350 000 ton per maand en, as gevolg van hierdie bottelnek, het pryse aan die einde van Februarie onder uitvoerpariteitsvlakke gedaal.
•
37
Made with FlippingBook - Online catalogs