Absa AgriTendense 2023 Herfs Uitgawe

Inleiding en oorsig Sedert die vorige uitgawe van ons AgriTendense in Oktober 2022, het die omgewing en markte waarin ons bedrywig is drasties verander en sentimente binne die Suid-Afrikaanse landboubedryf het negatief geword. Wêreldwyd het die opheffing van die Sjinese nul-COVID-beleid 'n meer positiewe vooruitsig vir globale ekonomiese groei tot gevolg gehad. Plaaslik het meer gereelde en verhoogde fases van beurtkrag die manier waarop ons sake doen bemoeilik en ekonomiese vooruitsigte vir die jaar onderdruk, met ekonomiese groei wat waarskynlik onder 1% sal wees. In dié weergawe van AgriTendense wy ons ons eerste hoofstuk aan die dekking van die implikasies van hoër

in hoëwaarde-uitvoergewasse moet hanteer en ondersoek hoe huidige kwessies in die toekoms kan voortduur. In hoofstuk 3 kyk ons na die effek van hoë rentekoerse op vleisverbruik in Suid-Afrika, aangesien druk op verbruikers se besteebare inkomste 'n negatiewe uitwerking op rooivleispryse het. Aan die onderkant van die vleis- proteïenprysspektrum toon pluimvee- produkte egter steeds stewige pryse. Dit is as gevolg van hoër wêreldpryse en 'nverswakkende wisselkoers. Hierdie uiteenlopende prysneigings in vleisprodukte sal beslis tot korttermyn- verbruiksverskuiwings lei, aangesien verbruikers waarde vir hul geld soek. Sulke verbruiksverskuiwings was ook in 2022 duidelik toe varkvleis opgang gemaak het in die markaandeel van die

breër vleiskompleks in die maande waarin varkvleis meer bekostigbaar as hoender was. Onsekerheid in vleis- en veemarkte sal ook verder versterk word deur aanbodfaktore. Die belangrikste hier is die effek van beurtkrag op produksiedeurset en

Sjinese groei en raak aan wat dit spesifiek vir land - bou-kommoditeitsmarkte en rolspelers in Suid- Afrikaanse landbou kan beteken. Hoofstuk 2 oorweeg sommige van die voortdurende realiteite wat produsente en waarde- kettingspelers

2

Made with FlippingBook - Online catalogs