HOËWAARDE- UITVOERBEDRYWE
Uitdagende tye vir vrugtehandel soos die wêreld uit die pandemie beweeg het Oor die afgelope twee jaar is hoëw aarde-uitvoerbedrywe deur ’n magdom nadelige gebeure geraak, wat gewissel het van hoë verskepingskoste en produksie-insetkoste tot vloede, arbeidsonrus en uitvoereise vir produsente weens probleme met kwaliteit. Die enkele grootste probleem wat op produsenteopbrengste geweeg het, was die aansienlik verhoogde verskepingskoste. Gedurende die eerste maande van 2023 was daar egter aanduidings dat verkoelde verskepingskoste afneem, met sommige wêreldmarkbelanghebbendes wat dalings van ongeveer 20% opgemerk het vanaf die hoogtes wat in die derde kwartaal van 2022 gesien is. Dit word ook weerspieël in die Drewry Reefer Shipping Index, wat gemiddelde koelhouer versendingskoste oor tyd toon. Soos na regs getoon, het koelhouerpryse oor die afgelope drie jaar gestyg, maar die oranje stawe, wat 'n skatting van moontlike dalings bied, dui daarop dat 'n mate van kosteverligting op pad kan wees. Koelhouerkoste vanaf Suid-Afrikaanse hawens het egter nie noemenswaardig afgeneem nie en belanghebbendes in die bedryf het verskillende sienings oor hoe wêreldwye kosteverminderings na die plaaslike konteks kan deursyfer. Ons siening is dat verkoelde vraghouer verskepingskoste oor die volgende 12 maande sal daal, maar die vermindering sal kleiner wees as wat in globale gemiddeldes sigbaar is.
Dit is grootliks die effek van 'n hoë konsentrasie skeepsmaatskappye wat Suid-Afrikaanse hawens bedien, en voortdurende ondoeltreffendheid en vertragings in ons plaaslike hawens.
38
Made with FlippingBook - Online catalogs