Absa AgriTendense 2023 Herfs Uitgawe

Die wiel draai, maar verhoogde risiko's bring nuwe uitdagings

Uit die besprekings hierbo is dit duidelik dat daar 'n mate van verligting sal wees in die mees dringende kwessies wat opbrengste in 2022 geraak het, hoewel die mate waarin versendingskoste aansienlik kan daal steeds onseker bly. Nuwe faktore kom egter na vore wat 2023 beslis nog 'n uitdagende jaar in die tuinbou- produksie- en uitvoerruimte sal maak. Hier wil ons graag twee faktore uitlig:

Breedgebaseerde kostestygings

Breedgebaseerde kostestygings – Die Statistiek SA PPI vir landbou vir Januarie 2023 het 'n 11,6% jaar-tot-jaar kosteverhoging. Die onder- liggende lynitems wat hierdie koste

aandryf sluit in verhoogde lone, hoër verpakkingskoste, verhoogde kapitaalkoste, chemiese en kunsmiskoste gekombineer met hoër plaag- en siekterisiko, soos hierbo genoem. Tabel 3.1 regs toon die jaarlikse styging in koste in verskillende komponente tussen 2021 en 2022, en hoe ons vermoed kosteverhoging vir hierdie komponente kan lyk in 2023. Hier sluit ons arbeidskoste in, alhoewel dit nie 'n is skatting nie, omdat die minister van arbeid 'n minimum loonverhoging van 9,6% op 1 Maart aangekondig het. Uit die tabel is dit duidelik dat 'n mate van verligting na verwagting sal kom uit die verligting van diesel- en kunsmispryse. Dit is hoofsaaklik

40

Made with FlippingBook - Online catalogs