Nog 'n voorbeeld wat markrisiko oor die mediumtermyn kan beïnvloed, is nie-tariefmaatreëls wat verband hou met omgewingskwessies. Die EU is 'n baanbreker in hul visie en pogings om die wêreld se eerste klimaatneutrale kontinent te word. Hulle beoog om netto nul te bereik deur teikens te stel om kweekhuisgasvrystellings met 55% te verminder in 2030, in vergelyking met 1990-vlakke, en om netto nul teen 2050 te bereik. Regulasie hervormings wat hierdie ambisies dryf, is ingesluit in die EU-kommissie Fiks vir 55-pakket wat daarop gemik is om die tussentydse teiken van 55% emissievermindering teen 2030 bereik. Die Green Deal is, op sy beurt, die beleidsraamwerk waarvolgens die EU sal druk om netto nul teen 2050 te bereik. Onder hierdie regulatoriese raamwerke kan handel beïnvloed word deur diere- welsyn, plaagdodergebruik, ontbossing en koolstofoorwegings, om 'n paar te noem. Met ongeveer 'n derde van die totale waarde van vrugte-uitvoere uit Suid-Afrika, wat vir die Europese Unie bestem is, sal Suid-Afrikaanse vrugteprodusente en -uitvoerders nalatig wees om nie kennis te neem van beleidsontwikkelinge in hierdie streek nie. Laastens, huidige globale geopolitieke ontwikkelings plaas Suid-Afrika in gevaar om noodsaaklike markte te verloor. Gedurende 2022 het die uitdagings
wat verband hou met die versending van vrugte na Rusland 'n impak gehad op inkomste gegenereer uit klas 2- en klas 3-sitrusvrugte. Dit het swaar geweeg op die winsgewendheid van produsente. Meer onlangs hou gekombineerde militêre oefeninge tussen Rusland en Suid-Afrika 'n bedreiging in vir Suid-Afrika se verhouding met die VSA. Met die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA) wat in 2025 sal verstryk, kan gespanne verhoudings tussen die twee lande 'n uitwerking hê op voorkeurmarktoegang van produkte soos sitrus uit Suid-Afrika wanneer 'n nuwe rondte AGOA beding word. Ten spyte van die kwessies wat hierbo genoem is, bly daar geleenthede. Ons siening is dat die 2023- en 2024-seisoen waarskynlik die keerpunt sal wees waar konsolidasie en 'n afname in verskepings- koste tot verbeterde uitvoermarges sal lei.
42
Made with FlippingBook - Online catalogs