Absa AgriTendense 2023 Herfs Uitgawe

kostestygings soos hierbo verduidelik, sal 'n groot deel van bome wat nie in volle produksie is nie, waarskynlik produsente onder druk plaas ten spyte van pryse wat stewig hou. Met meer as 50% van die sagte sitrus area jonger as vier jaar, dui mediumtermyn projeksies op toekomstige knelpunte wat veroor- saak word deur beperkte verpakking en hawekapasiteit in spitsweke vir manderyne. Die beperkinge om produk deur die ketting te kry, sal waarskynlik gemiddelde uitvoerpryse ondersteun, maar kan steeds op die winsgewendheid van die plaas weeg. Oor die laaste jare van die vooruitsig- tydperk verwag ons matige prys- groei vir alle sitruskategorieë namate verbruikers se besteebare inkomste in sleutelmarkte herstel van die inflasionêre skokke wat in

2022 voorgekom het. Strukturele kwessies in EU-sitrusproduksie, gekombineer met toenemend strenger marktoegangsmaatreëls na hierdie mark, sal waarskynlik ook lei tot laer volumes wat pryse hoër sal laat styg. Sjina neem steeds net sowat 6% van Suid-Afrikaanse sirtusuitvoere (in waardeterme). Met verskeie Suid-Afrikaanse sitrusuitbreidings wat geplant is met die oortuiging van 'n sterk vraag vanuit Sjina, sal alle oë op hierdie mark gerig wees om te sien of dit sy beoogde potensiaal sal bereik in die konteks na COVID. Tot op hede kon inperkings en intense COVID-golwe dalk sy markpotensiaal as 'n bestemming vir Suid-Afrikaanse sitrusvrugte beperk het.

47

Made with FlippingBook - Online catalogs