Bloubessies
•
Bloubessiepryse is in 2022 swaar getref deur die Transnet-staking in Oktober. Hierdie staking het produkkwaliteit en tyd na die mark beïnvloed. In die geval van laasgenoemde het die staking gelei tot verhoogde uitvoervolumes wat in die weke ná die staking verskeep is, wat markte oorstroom het en pryse afgedruk het. Voortdurende bekommernisse oor gehalte beskadig ook die internasionale persepsie rondom bloubessies uit Suid-Afrika. Hierdie gebrek aan konsekwentheid beïnvloed die vraag binne supermarkprogramme aangesien hoë variasie in kwaliteit en volumes moeilik is vir aankopers om te bestuur. Ons siening is dat pryse ietwat kan herstel oor die komende jare, maar sal beperk word deur sterk Suid-Amerikaanse volumes in die EU- en VK-markte. Soos Europa en die VK herstel van huidige ekonomiese druk kan pryse ook ondersteun word. Die tydlyne wat hiermee verband hou, word grootliks bepaal deur die Rusland-Oekraïne-oorlog, waarop ons in die tafeldruiwe-afdeling hieronder uitbrei. Toekomstige kwaliteit sal ook belangrik wees om markaandeel van produkte uit Suid-Afrika te behou.
•
•
•
•
48
Made with FlippingBook - Online catalogs