Makadamias •
Pryse het 'n vinnig dalende neiging gedurende 2022 getoon as gevolg van bedrukte markte in sleutelmarkte soos Sjina en Europa. Sjina, wat die hoofmark vir neut-in-dop- uitvoere (NID) uit Suid-Afrika is, het swak vraag gehad as gevolg van langdurige pandemie- inperking, terwyl Europa, 'n kernmark, gebuk gaan onder 'n lewenskostekrisis. Die effek hiervan is verhoogde voorraadvlakke by plaaslike verwerkers en ook by invoerders en kleinhandelaars in buitelandse markte.
•
•
•
Navorsing oor verbruik gedurende 2023 dui op 'n sterker vraag uit Sjina.
•
Ons siening is dus dat pryse oor die mediumtermyn kan herstel. Dit is egter onwaarskynlik dat dit sal terugkeer na vlakke wat gedurende die laat 2010's gesien is. Soos die wêreldwye makadamia-industrie volwasse word, sal meer geleenthede ook in bestanddeelmarkte ontstaan as deel van voedselformulering. Dit vereis egter konsekwente voorsiening van voldoende volumes. Ons siening is dat ons nou 'n stadium van produksie betree waar volumes genoegsaam toegeneem het om hierdie geleenthede te ontsluit. In die geval van bestanddeelmarkte kan opgeboude voorraad ook konsekwente aanbod fasiliteer. Die gebrek aan deursigtigheid rondom voorraadvlakke sal egter aangespreek moet word om duidelike markseine in hierdie verband te verskaf.
•
•
49
Made with FlippingBook - Online catalogs