SONKRAG- OPLOSSINGS OM VEERKRAGTIGHEID TE BIED Die verbeterde proposisie vir sonkrag en batterye
Die effek van beurtkrag op landbou
Beurtkrag het tot op hede 'n verwoestende impak op die landboubedryf gehad. Vir gewasse wat besproeiing benodig, het die gebrek aan krag wisselvallige besproeiings- vlakke veroorsaak wat opbrengsvermindering tot gevolg gehad het. Vir intensiewe lewendehawe produsente, veral die pluimvee- en varkvleisbedrywe, waartemperatuurregulering uiters belangrik is, het die gebrek aan elektrisiteit gelei tot die verlies aan diere, en verminderde kapasiteit by abattoirs het gelei tot langer produksiesiklusse wat koste verhoog en kontantvloeiritmes beïnvloed. Oor die algemeen beïnvloed dit die winsgewendheid van produsente in terme van laer produksievlakke en beklemde marges as gevolg van duur versagtingsmaatreëls.
52
Made with FlippingBook - Online catalogs