Om die impak van gereelde hoë vlakke (fase 4-6) van beurtkrag te illustreer, oorweeg die volgende voorbeeld. Besproeide somergewasse in die Noord-Kaap is afhanklik van voldoende besproeiing gedurende maande wat dikwels met hoë temperature/hittegolwe geassosieer word. Gemiddelde mielie-opbrengste vir hierdie gebied beloop sowat 17 ton per hektaar. Gedurende Januarie het 'n aanhoudende hittegolf, wat twee weke geduur het, saamgeval met 'n hoë voorkoms van fase 4-6 beurtkrag. As die hoë temperature
Noord-Kaapse besproeiingsgraanprodusente het opbrengsverliese van tot 50% in die gesig gestaar as gevolg van beurtkrag gedurende weke met hoë temperature
wat gedurende hierdie tyd sigbaar was, sou voortduur,
het kenners opgemerk dat 'n opbrengsvermindering bo 50% realisties sou wees. Reën gedurende Februarie het egter 'n mate van verligting gebring en belanghebbendes in die bedryf skat dat die opbrengsverlies as gevolg van onvoldoende besproeiing ongeveer 20% vir hierdie streek is.
53
Made with FlippingBook - Online catalogs