Om te bepaal waarheen dieselpryse in die toekoms kan gaan, kan 'n mens vooruitsigte vir olie en die wisselkoers oorweeg. In terme van eersgenoemde merk oliemarkontleders op dat oliepryse waarskynlik vir die res van die jaar tussen USD 80 en USD 90 per vat sal verhandel, met 'n mate van opwaartse risiko namate die Sjinese ekonomie hernude pas kry. Die ZAR/USD-wisselkoers sal waarskynlik ook onder druk bly en teen die einde van 2023 tot sowat R18,65 teenoor die Amerikaanse dollar depresieer. Dit sal waarskynlik dieselpryse op verhoogde vlakke hou oor die volgende 12-18 maande. Die Padongelukkefonds heffing toegewing wat aan besighede gemaak is tydens die nasionale begrotingsrede sal egter 'n mate van verligting in hierdie verband bied.
Elektrisiteitspryse sal aanhou om wesenlik te verhoog in die komende jare Nie net word besighede gekonfronteer met beurtkrag en stygende brandstofkoste nie, maar die koste van elektrisiteit sal steeds aansienlik duurder word in die jare wat voorlê. Die impak op kontantvloei en beleggings word hieronder in meer detail verduidelik.
Huidige dieselpryse is meer as 100% duurder as in 2012
57
Made with FlippingBook - Online catalogs