Absa AgriTendense 2023 Herfs Uitgawe

Die tweede is om nuwe opwekkingskapasiteit by die netwerk te voeg. In terme van laasgenoemde noem kenners egter dat bykomende kapasiteit wat gegenereer word deur die kombinasie van steenkool en hernubare energie (waar steenkool 'n basislading verskaf) 'n 10-jaar konstruksie- en ontplooi- ingstydlyn het. As hernubare energie met batterye gekombineer word (waar batterye 'n basislading sal verskaf), is koste-oorwegings die beperkende faktor. Elektrisiteitsopwekking deur gas is 'n meer haalbare opsie in terme van tydlyne en koste, maar bly omstrede. Gegewe die verduideliking hierbo, lyk dit onwaarskynlik dat daar voldoende en tydige bykomende nutsskaal opwekking sal wees. Ons siening is dat nutsskaal voorsiening oor die volgende 5-10 jaar beperk sal bly en dat besighede en huishoudings op hul eie opwekking sal moet staatmaak om die gevolge

Ingevolge laasgenoemde het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) aan die begin van 2023 hul besluit oor Eskom se tariefverhogings vir die volgende twee boekjare aangekondig. In hierdie aankondiging het hulle opgemerk dat hulle gepoog het om 'n balans te vind tussen Eskom se finansiële volhoubaarheidskwessies en die impak op die SA ekonomie en bekostigbaarheid. Op 1 April 2023 (Julie vir munisipale kliënte), kan Eskom-kliënte 18,65% meer verwag om vir hul elektrisiteit te betaal, wat die gemiddelde tariewe van ongeveer R1,46 per kilowattuur (kWh) tot R1,74/kWh verhoog. Dit is die hoogste goedgekeurde tariefverhoging in 11 jaar. Terwyl daar vanaf 1 April 2024 ver- wag word dat tariewe dan met 'n bykomende 12,74% tot R1,96/kWh sal styg, hoewel dit hersien kan word op grond van verrigtinge in die huidige jaar. Oor die afgelope 15 jaar het Eskom-tariewe elke jaar met gemiddeld 12,72% gestyg, wat 'n totale verhoging van 685% oor daardie tydperk tot gevolg het. Die jongste goedkeuring deur NERSA sal 'n saamgestelde tariefverhoging van 33,77% oor die volgende twee jaar meebring. Oor die langer termyn word verskillende elektrisiteitsprysopsies hieronder in meer besonderhede ondersoek.

van voortgesette beurtkrag en toenemende elektrisiteitskoste te versag.

Eskom se goedgekeurde tariefverhoging vir 2023/24 is die hoogste in 11 jaar

20,00%

18,00%

Gemiddelde tariefverhoging, 12.72%

16,00%

14,00%

12,00%

10,00%

18,65%

16,00%

8,00%

15,06%

13,87%

12,74%

12,00%

6,00%

9,61%

9,40%

8,76%

4,00%

8,00% 8,00%

2,20% 5,23%

2,00%

0,00%

20/12/13 20/12/13 20/12/13 20/12/13 20/12/13 20/12/13 20/12/13 20/12/13 20/12/13 20/12/13 20/12/13 20/12/13 20/12/13 Gemiddelde tariefverhoging Eskom approved tarif increase

Bron: Eskom, Absa Sectors

59

Made with FlippingBook - Online catalogs