Selfs met die elektrisiteitslandskap soos hierbo verduidelik, moet 'n mens erken dat talle landbousubsektore die afgelope twee tot drie jaar uitdagende seisoene in die gesig gestaar het. Dit sal waarskynlik beleggingsaptyt in hernubare energie beïnvloed, aangesien besighede beperkte skuldterugbetalingsvermoë en kontantvloeibeperkings sal ondervind. In hierdie konteks ondersoek ons hoe kontantvloeie onder verskillende elektrisiteitsprysopsies sal lyk en beklemtoon 'n paar kwessies wat die kontantvloei- posisies kan beïnvloed van produsente wat kies om in sonkrag-FV-stelsels te belê, deur 'n gevallestudie te gebruik.
Praktiese siening oor kontantvloei- implikasies van verskillende toekomstige elektrisiteitsprysopsies – 'n Hipotetiese voorbeeld
Chapman Boerdery produseer mielies, koring, hawer, lusern en tafel- en moeraartappels onder besproeiing in die Noord-Kaap. Elektrisiteit word tans direk vanaf Eskom verbruik. Hulle het besluit om in 'n hibriede (sonkrag plus batterye) installasie te belê as 'n risiko versagtende
hulpmiddel teen verlore besproeiings tyd. Hierdie panele sal hulle in staat stel om 90% van hul elektrisiteitsbesproeiingsbehoeftes op te wek. Chapman Boerdery wil hierdie stelsel, met 'n koste van R11 000 000, finansier deur 'n 7-jaar-termynlening deur Absa. Die rentekoers op die lening is 11%*.
*koerse is risikoafhanklik
60
Made with FlippingBook - Online catalogs