04
Vroue van die Verenigde Nasies “Ontsluit die vordering met betrekking tot geslagsgelykheid”
“Die ding van geslagsgelykhei d is dat almal daarby baat - vroue, meisies, sowel as mans en seuns, gesinne, gemeenskappe, besighede en die hele nasie.”
Verenigde Nasies Vroue (VN- Vroue)is ‘n wereldleier op die gebied van bevordering van geslagsgelykheid.Daar word gefokus op politieke deelname , ekonomiese bemagtiging, beëindiging van geslagsgeweld teen vroue, vrede en sekuriteit, humanitêre optrede, regering en nasionale beplanning, jeug, vroue en meisies met gestremdhede, volhoubare ontwikkeling, en MIV/VIGS. VN-Vroue in Suid-Afrika verskaf tegniese en finansiële ondersteuning om ‘n verbeterde en geïntegreerde VN-stelsel te bewerkstellig Dit poog ook om ‘n multi-sektor meganisme daar te stel, om rolspelers se reaksie op GGG te bestuur. . Daarbenewens dryf die organisasie die implementering van die Nasionale Beleid en Strategie ten einde ‘n raamwerk daar te stel om geslagsgeweld aan te spreek..
GGGV-reaksie uit die oogpunt van Aleta Miller, VN-Vroue landverteenwoordiger
“Collective Action Magazine” praat met Aleta Miller, die VN-Vroue verteenwoordiger in Suid-Afrika , oor die Presidensiële Beraad oor GGG 2, en VN-Vroue se dringende versoek om geweld teen vroue en kinders te beëindig. Aleta het 25 jaar ervaring in werk met vroueregte, menseregte, vlugtelingregte, openbare gesondheid en internasionale ontwikkeling. Sy het onder andere gewerk met VN-Vroue, die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA), UNAIDS, en verskeie NGOs en regerings. Benewens die bogenoemde plasings, het Aletha in Mianmar, Sjina, Hong Kong, Nepal, Papoea-Nieu-Guinee, Oos-Europa en Sentraal-Asië gedien, sowel as New York, en in haar geboorteland, Australië. Aleta is ‘n kliniese sielkundige (Australies-geregistreer, nie–praktiserend) en het ‘n Meestersgraad in Internasionale Openbare Gesondheid, saam met grade in Gedragswetenskap en Beroepsgesondheid
Dec 2022 | Collective Action Magazine
116
Made with FlippingBook interactive PDF creator