VARS APRIL 2023

Drakenstein se ‘Huis van Hoop’

iKhaya le Themba se vrywilligers is bekend vir hul deernis en sagmoedigheid.

iKhaya le Themba werk om jeug-geletterdheid te verbeter.

iKhaya le Themba, wat letterlik na “huis van hoop” vertaal kan word, is ‘n bediening van die Joshua Generation Church en ‘n organisasie wat ‘n wesenlike verskil aan die gemeenskap van Drakenstein maak. Hul bestaan is gegrond op ‘n passie om gesinne in die gemeenskap te versterk sodat gemeenskapslede kan floreer. Hierdie dinamiese bediening vorm deel van die Valcare-netwerk in Drakenstein, ‘n groep eendersdenkende organisasies wat werk om voedingsuitdagings en voedselskaarsheid in die gemeenskap aan te spreek.

iKhaya le Themba is goed verteenwoordig in Drakenstein; die Joshua Generation Church het ‘n volle drie gemeentes in die area. Die meeste vrywilligers is lidmate van die kerk wat daarna streef om hul medemens te dien. Dit is juis deur die doeltreffende aanwending van hulpbronne en die opleiding van vrywilligers wat praktiese behoeftes in die gemeenskap aanspreek, dat iKhaya le Themba menige lewens wil aanraak.

18

VARS | April

Made with FlippingBook - PDF hosting