VARS APRIL 2023

Vrywilligers word toegerus met die nodige vaardighede om na gemeenskapsbehoeftes om te sien. Daar is byvoorbeeld ‘n groep vroue in Van Wyksvlei wat weeklikse speelgroepe vir kinders aanbied. Tydens hierdie groeptye kan kinders hulself geniet, maar word hulle ook gevoed. Weeklikse voedingskemas sorg ook dat die kinders wat hierdie speelgroepe bywoon, gesond bly. Daar word dus na die kinders se fisiese sowel as hul emosionele welstand omgesien. In hul onderskeie gemeenskappe, is iKhaya le Themba se vrywilligers bekend vir die deernis en sagmoedigheid wat hulle aan die dag lê. iKhaya le Themba het ook onlangs leesklubs van stapel gestuur om die gemeenskap se jeug-geletterdheid te verbeter. In samewerking met hul leesklubbegunstigdes, sien iKhaya le Themba uit daarna om gemeenskapslede selfs te leer tuinmaak. Deur kinders te leer hoe om groentetuine te onderhou, word praktiese vaardighede aangeleer en sodanige behoeftes in die gemeenskap aangespreek. Deur die loop van die jaar bied iKhaya le Themba ook verskeie projekte aan waarby die gemeenskap kan betrokke raak. Aan die begin van die jaar verskaf hulle skryfbehoeftes

Verlede jaar het iKhaya le Themba begin met traumaopleiding om geslagsgebaseerde geweld in die gemeenskap aan te spreek. Vrywilligers word opgelei om met kinders wat hierdeur geraak word, te werk en hulle te ondersteun. Dit het die vrywilligers daartoe in staat gestel om meer doeltreffend vir die betrokke kinders te sorg tydens hul speelgroepsessies. Hierdie opleidingsprogram sal vanjaar voortgaan. iKhaya le Themba hoop om gedurende die res van hierdie jaar ‘n dieper band tussen soortgelyke organisasies in die gemeenskap te smee, sodat hulle mekaar op ‘n meer persoonlike vlak kan bystaan en bemoedig. As jy belangstel om betrokke te raak by hierdie organisasie se projekte, kan jy hulle kontak by:

Telefoonnommer: 083 616 4245 WhatsApp-nommer: 083 616 4245 E-posadres: info@iklethemba.co.za

en ander noodsaaklikhede aan leerders. Gedurende die winter samel hulle items vir kospakkies in, en met Kerstyd maak hulle “Love Bags” bymekaar om die Kersseisoen te vier. iKhaya le Themba wil ook nog tydens skoolvakansies ‘n vakansieklub vir die jeug aanbied, sodat kinders toegang kan hê tot etes en ook hulle drukkende kwessies in ‘n veilige omgewing kan bespreek.

Follow us

@drakensteinmunicipality

@DrakensteinMunicipality

19

VARS | April

Made with FlippingBook - PDF hosting