VARS APRIL 2023

Wyk 3 se Wykskomitee Spreek Kritiese Behoeftes Aan

“Ons wykskomitee se inspirasie is om te alle tye ons inwoners met passie te dien, die gemeenskap te help en dienslewering te verbeter. Ons visie is om 'n veilige en gelukkige omgewing te skep en te bou vir ons kinders en gemeenskap,” sê sy. “Met 'n bekwame wykskomitee sien ons kans vir al die uitdagings wat ons in die gesig staar.” Wyk 3 ervaar uitdagings soos behuising, werkloosheid onder die jeug, veiligheid, dwelmmisbruik en armoede. Dié wykskomitee werk hand aan hand met Drakenstein Munisipaliteit se wetstoepassingsvennote, buurtwagte, plaaswagte en ander sekuriteitsrolspelers om misdaad te verminder en veiligheid op te skerp.

Onder leiding van raadslid Annelize van Rooyen word Wyk 3 deur 'n dinamiese en hardwerkende wykskomitee bedien wat kritiese behoeftes flink aanspreek. Dié wyk is in die Paarl en die tuiste van meer as 6 500 inwoners, waarvan omtrent 80% in die landelike area van die Paarl woon. Die oorblywende gedeelte van Wyk 3 strek vanaf Groenvleilaan tot Reyneckestraat in Noorder-Paarl. Daar is 'n verskeidenheid kerke, skole, besighede en kleuterskole in hierdie wyk. Raadslid Van Rooyen is 'n vrou wat vas daarin glo om mense se omstandighede te verbeter en goeie dienste aan die gemeenskap te bied.

Wyk 3 se komitee is op 22 Februarie 2022 deur die gemeenskap verkies, en bestaan tans uit nege aktiewe lede wat verskillende portefeuljes bestuur, naamlik:

• Beatrice Kachu • Christolene Lewis • Charmain Lewis • Jacobus van der Westhuizen • Elizma du Toit • Jade Jaars • Abel Mentoor • Anneline Skippers • Vivian Adams

- Water en Sanitasie - Vaste Afvalverwydering - Parke en Openbare Ruimtes - Paaie en Stormwater - Elektrisiteit en Straatligte - Bejaardes en Gestremde Persone - Sport, Ontspanning en Kultuur - Jeug en Vroeë Kinderontwikkeling - Gemeenskapsveiligheid

20

VARS | April

Made with FlippingBook - PDF hosting