VARS_SEPT 2022

Drakenstein Munisipaliteit Vat Hande met Paarl Trails Sporttoerisme is waaroor dit als gaan Raadslid Laurichia van Niekerk, Burgemeesterskomiteelid vir Beplanning en Ontwikkeling by Drakenstein Munisipaliteit, en Darren Herbst van Paarl Trails werk die afgelope vyf jaar in tandem om sporttoerisme na die area te bevorder. Vars en raadslid Laurichia het ‘n draai by Specialized in die Paarl gaan maak om met Darren te gesels oor dié vennootskap, die vrugte wat dit al afgewerp het en hoe hulle dit regkry om Drakenstein bo-aan avontuurlustiges se móét-besoek-lysie te plaas. “Ons het gesien dat sport- en avontuurtoerisme al hoe meer gewild raak. Saam met ondernemings soos Specialized en Paarl Trails bou ons vennootskappe om seker te maak dat mense ons bestemmings besoek,” vertel raadslid Laurichia. Sy sê dis belangrik vir die Munisipaliteit om dié soort toerisme te bevorder, omdat daar ‘n sterk mark daarvoor is. “Dit is waarom ons geld vir dié doel bewillig het.” Darren sluit by haar aan en vertel dat sy visie belyn is met dié van die Munisipaliteit: albei partye het ‘n behoefte om geleenthede vir avontuursport en toerisme te skep. Hy sê ook dat Drakenstein Munisipaliteit en grondeienaars groot klem op avontuursport en -toerisme plaas.

“Fietsry is groot in Drakenstein” - Laurichia van Niekerk

Paarl Trails se Darren Herbst werk die afgelope vyf jaar in tandem met Drakenstein Munisipaliteit om sporttoerisme in die area te bevorder.

10

VARS | September

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online