VARS_SEPT 2022

Raadslid Laurichia van Niekerk, Burgemeesterskomiteelid vir Beplanning en Ontwikkeling by Drakenstein Munisipaliteit, en Darren Herbst van Paarl Trails werk die afgelope vyf jaar in tandem om sporttoerisme in dié area te bevorder. In hierdie video gesels hulle oor dié vennootskap en die vrugte wat dit reeds afgewerp het.

Werkskepping is immers ook een van die pilare waarop Paarl Trails gebou is. Darren lei sy spanne op om al die roetes self te bou en het dus konstant mense wat óf opgelei word óf in diens geneem word. Dis ook vir hom belangrik om ‘n positiewe impak te maak. Hy hoop dat hul Hero Legacy Project ‘n liefde vir dié sport sal kweek en die gemeenskap sal opbou. Die Munisipaliteit en Paarl Trails se gesamentlike visie is oor die afgelope vyf jaar gerealiseer. Dié vennootskap en soortgelykes, soos die een met die DSV Shift Academy , het daartoe bygedra dat Drakenstein se reputasie as die fietsry-mekka van Suid-Afrika fluks groei. Entrepreneurs wat by avontuur- of sporttoerisme-geleenthede betrokke wil raak, kan Drakenstein Munisipaliteit se Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme- afdeling by 021 807 4737 kontak.

Volgens hom wou hy en sy onderneming nie net bergfietsry-opsies op een ligging bied nie, maar op soveel plekke moontlik en inderwaarheid die hele Paarl omskep in ‘n bergfietsry-attraksie. Dié netwerke het ‘n klein begin op Rhebokskloof gehad, maar sedertdien uitgebrei en strek nou meer as 200 kilometer ver oor 60 verskillende attraksies. “Fietsry is groot in Drakenstein,” vertel raadslid Laurichia. “Ons het ook begin sien dat bergfietsry ‘n ander groot komponent geword het, afsonderlik van padfietsry. Ons sien al hoe meer mense inkom na Drakenstein met hul fietse, want ons roetes is baie veilig en meer gerieflik. Mense verkies deesdae die Paarl en Wellington as hul bestemming vir bergfietsry.” Dié tendens het tot gevolg dat ‘n fietsryfees, die Bike Fest Paarl , van 3 tot 5 Maart 2023 op Rhebokskloof gehou sal word. Met behulp van Drakenstein Munisipaliteit sal Paarl Trails die hele stad by die gebeurtenis betrek. Met 10 wedrenne, ‘n ekspo, baantoetse en vele meer beoog hulle om dit die eerste jaarlikse instelling van sy soort in die Paarl te maak. Wedrenne en sulke instellings lok talle toeriste. “Dit is belangrik vir toerisme, want dit bring voete na ons gebied. Dis ekonomies goed vir ons en dra boonop by tot werkskepping,” vertel raadslid Laurichia.

Follow us

@drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

11

VARS | September

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online