VARS_SEPT 2022

Wat by die Santé Wellness Retreat and Spa op die La Bella Vita-wynlandgoed in Simondium aangebied word, is waarlik iets vir die connoisseur. Dis uniek aan die Boland, en aan Suid-Afrika. Dié spa is eenvoudig wêreldklas, die verblyf is luuks en stylvol, en die disse op die spyskaart voortreflik én gesond. Só skilder Ingrid Hindle, die uitvoerende hoof en mede-eienaar van Santé Wellness, die prentjie van hierdie spoghotel met sy eie gesondheidsentrum. Op die vraag waarom hulle juis Drakenstein as ‘n tuiste vir hul toerisme-onderneming gekies het, antwoord sy vinnig. Sy glo dié area is besonder geskik vir ‘n spa-hotel, juis omdat dit omring word deur majestueuse berge (dalk ‘n cliché, maar in hierdie geval heeltemal waar). Daarby is die lug skoon terwyl daar ‘n kalm en ontspanne atmosfeer heers. Vyfster-ervaring by Santé Wellness Iets vir die Connoisseur

Die binnenshuise swembad by Santé Wellness Verskaf: Sant é Wellness

'n Gesigsbehandeling by Santé Wellness Verskaf: Sant é Wellness

'n Simbool van vryheid by Santé Wellness Verskaf: Sant é Wellness

12

VARS | September

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online