VARS_SEPT 2022

Die Hindles besit al jare lank eiendom in die groter gebied en is gek na die omgewing. Hulle glo die potensiaal vir besighede om hier te floreer en uit te brei, is enorm. Dus het hulle die kans aangegryp toe die geleentheid hom voorgedoen het om in Santé te belê. Vir ‘n onderneming om ‘n vyfster-toerisme- gradering te kry, verg harde werk en uithouvermoë, beklemtoon Ingrid. Nog soveel te meer nou, aangesien die pandemie eers onlangs tot ‘n einde gekom het en, nodeloos om te sê, was die COVID-19-tye besonder moeilik. Ingrid en haar personeel het verskriklik hard gewerk om ten alle tye ‘n “wêreldklas- aanbieding vir al hul gaste” te verseker. Dit sluit ‘n "wellness"-program by dié spa- toevlugsoord in wat omvattend en baie effektief is – jy voel sommer soos ‘n splinternuwe sikspens as jy hier uitloop! Die drie faktore wat uitstaan as jy vir ‘n vyfster-gradering in die gasvryheidsbedryf wil kwalifiseer, is eerstens die fisieke omgewing, maar dan ook die mense wat jy in diens neem en die produkte wat jy gebruik, deel Ingrid haar suksesfilosofie. By Santé Wellness het hulle daarop gefokus om ‘n werklik uitsonderlike groep mense aan te stel en op te lei. Dít is die mense wat jy hier sal ontmoet – en beter sal leer ken.

In die spa word plaaslik vervaardigde én internasionale produkte gebruik. Die voorvereiste is dat dit slegs natuurlike bestanddele moet bevat en omgewings- vriendelik moet wees. Boonop is dit strelend op die oog! Spabehandelings kan ook aangepas word, sou ‘n individu dit verlang. In 2019 is Santé as Afrika se Beste Dagspa en in 2021 as die beste Wellness Retreat in Afrika en Suid-Afrika by die Wêreld Spa-toekennings aangewys. Hulle was ook een van die 2019-wenners van die Haute Grandeur Global Spa Awards. Die dagspa met gepaardgaande fasiliteite is Dinsdae tot Saterdae van 9:00 tot 18:00 oop. Ingrid sluit af deur te sê wat die Santé Wellness Retreat and Spa so spesiaal maak, is definitief die ligging tussen Drakenstein se berge, sowel as die gehalte van hul algehele aanbieding. Dít sluit in die "wellness"- programme sowel as ‘n verskeidenheid van spabehandelings, bobaas-kos, eersteklas verblyf en uitmuntende diens. Die fasiliteite – wat ‘n binnenshuise verhitte swembad, jacuzzi, buiteswembad, sauna, fiksheidsentrum met ‘n joga- en pilatesateljee, hidroterapie en ‘n doolhof insluit – is ook ongetwyfeld uit die boonste rakke. Voel jy of jou energie tans taan? Of is jy sommer net lus vir ‘n holistiese ervaring én ‘n lekker bederf? Maak dan ‘n afspraak by die Santé Wellness Retreat and Spa. Vind meer uit by www.santeretreat.co.za.

Laastens is daar die produkte: van kos- tot spa-produkte. Alle produkte wat in die restaurant gebruik word, is sover moontlik van plaaslike boere en verskaffers afkomstig; slegs die beste is goed genoeg vir die maaltye wat by Santé voorgesit word. Hulle spog ook met hul eie groente- en kruietuin.

Follow us @drakensteinmunicipality

@DrakensteinMunicipality

13

VARS | September

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online