VARS_SEPT 2022

In Gesprek met Al-Jarreau Jantjies

Drakenstein se gesogte wynbedryf lok deur die jaar besoekers en skep werk vir talle inwoners. Een van die wynplase is die bekroonde Ridgeback Wines in die Paarl. Met somer om die draai het Vars besoek gaan aflê by dié Viognier-tuiste. Ons het by die jong wynambassadeur, Al-Jarreau Jantjies, beter bekend as Ajay, aangeklop om te gesels oor die wynbedryf en oor sy 2022 WineLand Media 30 Under 30 toekenning.

Wat behels die 30 Under 30 toekenning?

Die WineLand Media 30 Under 30 is ‘n toekenning vir 30 jongmense onder die ouderdom van 30. Dit is basies die mense wat ‘n mens moet dophou en wat diep spore in die wynbedryf begin trap. Ek het hierdie toekenning ontvang vir my rol in die wynbedryf, waarby ek nou al ‘n paar jaar betrokke is.

Hoe het jy in die wynbedryf beland?

Ek sê altyd wyn het my gekies; ek het nie wyn gekies nie. My loopbaan het na skool begin toe ek ‘n “gap”-jaar wou neem, maar steeds iets produktief wou doen. Dis toe dat ek besluit het om in die kelder op Kanonkop te gaan werk, waar ons die ou “punch downs” gedoen het. Ek glo dis waar die manne van die seuns geskei word, want dis baie harde werk. Ek wou aanhoudend meer geweet het: “Wat is die proses?”, “Hoekom word dit so gedoen?” en “Hoekom nie daai kant om nie?”. Hulle het my toe voorgestel aan die Pinotage Youth Development Academy waar ek goedkeuring gekry het om ‘n jaarkursus te studeer wat wynmaak, gasvryheid en persoonlike ontwikkeling ingesluit het. Dis basies hoe ek in die wynbedryf beland het.

Al-Jarreau Jantjies, wynambassadeur by Ridgeback Wines in die Paarl, het onlangs die WineLand Media 30 Under 30 toekenning ontvang.

14

VARS | September

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online