VARS_SEPT 2022

Hoekom het jy toe die skuif gemaak na die Paarl?

Wat is van die hoogtepunte wat jy al by Ridgeback Wines bereik het?

Ek het Drakenstein gekies vir my loopbaan in die wynbedryf, omrede dit ‘n baie eiesoortige en diverse plek is. Dis eerstens beeldskoon en dit is ook ‘n paar jaar gelede as die stad van die jaar benoem. Boonop is hier baie geleenthede vir jongmense in die wynbedryf. Ek dink dus om ‘n loopbaan hier te volg, veral in wyn en toerisme, is baie belowend. Ek sal beslis Drakenstein aanbeveel vir mense wat dit wil verken of hulself hier wil huisves. Drakenstein strek oor ‘n groot area en elke dorp in die area het sy eie unieke aanbiedinge wat dit spesiaal maak.

Die hoogtepunte in my loopbaan sluit natuurlik die WineLand Media 30 Under 30 toekenning in. Daar is ook ander hoogtepunte soos om baie verskillende mense te ontmoet. Ek was al gelukkig genoeg om ‘n paar van my helde (sporthelde en TV-persoonlikhede) te ontmoet.

Indien jy ‘n geselsie met dié bekroonde wynambassadeur wil aanknoop, kan jy hom in die Ridgeback proelokaal in die Paarl aantref waar hy jou vir seker sal beïndruk met sy wynkennis.

“Ek dink om ‘n loopbaan hier te volg, veral in wyn en toerisme, is baie belowend.” Wynambassadeur Al-Jarreau Jantjies, oftewel Ajay, gesels oor sy skuif na die Drakenstein-omgewing wat hy as eiesoortig en divers beskryf. Hiér onthaal hy deesdae besoekers met bekroonde wyne.

Follow us

@drakensteinmunicipality

@DrakensteinMunicipality

15

VARS | September

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online