VARS_SEPT 2022

Drakenstein Munisipaliteit werk hard om seker te maak dat ons inwoners ons swembaddens kan geniet. Vanjaar se munisipale swemseisoen begin op 1 Oktober 2022 en duur tot 31 Maart 2023.

Munisipale Swembaddens Bring Lafenis Wanneer die Kwik Styg

Somer is sterk op pad en dit beteken lang, snikhete dae vir die inwoners van Drakenstein. En as jy nie jou eie swembad het nie, kan die hitte op sulke dae nogal kwaai wees! Maar daar is verligting op pad, want Drakenstein Munisipaliteit se openbare swembaddens maak een van die dae oop en dit is die perfekte plek om daardie vuurwarm somerdae deur te bring.

Yvette Tsolo, Bestuurder vir Sport en Ontspanning by Drakenstein Munisipaliteit, sê sy en haar kollegas was die laaste ruk druk besig om te sorg dat alles slaggereed is vir die Munisipaliteit se swemseisoen. Kassiere, toesighouers en menseredders is aangewys, en herstelwerk en roetine-onderhoud word voortdurend gedoen.

16

VARS | September

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online