VARS_SEPT 2022

„ Ons almal weet hoe gevaarlik die riviere is en veral die Bergrivier het al baie mense se lewens geëis met sy sleurstrome. So, kom swem liewer in ‘n veilige omgewing. “

Vanjaar se munisipale swemseisoen begin op 1 Oktober 2022 en duur tot 31 Maart 2023. “Ons werk hard om seker te maak dat ons inwoners ons swembaddens en ander geriewe kan geniet,” sê Yvette. Die swemprogram vir kinders wat Drakenstein Munisipaliteit vroeër saam met Prinses Charlene van Monaco en die bekende swemmer Ryk Neethling aangebied het, het ongelukkig tot ‘n einde gekom weens COVID-19. Die plaaslike swemklub Aquarius het egter nou daardie rol oorgeneem en leer kinders swem. Yvette moedig inwoners van Drakenstein aan om liewer die openbare swembaddens te gebruik as om in riviere en damme te swem. “Die swembaddens is baie veiliger en daar is ook toesig, want ons opgeleide menseredders is ten alle tye aan diens. Die swembaddens in Mbekweni, Drakenstein (Paarl-Oos), Faurestraat (Paarl), Weltevrede (Wellington) en Pentzstraat (Wellington) sal daagliks van 10:00 tot 19:00 oop wees, insluitende naweke. Die Saron-bad en die “splash pool” in New Orleanspark in Paarl-Oos sal ook oop wees vir besoekers, sowel as die Antoniesvlei Kampeerterrein se swembaddens.

Die toegangsfooie is:

• Volwassenes: R10.00 • Kinders van 15 jaar en jonger: R5.00 • Pensioentrekkers ouer as 65: Gratis • Volle seisoenkaartjie vir volwassenes: R260.00 • Halwe seisoenkaartjie vir volwassenes: R125.00 • Volle seisoenkaartjie vir kinders van 12 jaar en jonger: R100.00 • Halwe seisoenkaartjie vir kinders van 12 jaar en jonger: R50.00

Herstelwerk en roetine-onderhoud word voortdurend gedoen.

17

VARS | September

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online