VARS_SEPT 2022

Paarl- en Wellington se rolbalklubs het ‘n ooreenkoms waarvolgens hulle gratis bymekaar kan speel. Bo: Van die Paarl Rolbalklub se 70 lede in hul klubklere. Onder: Die Wellington Rolbalklub besoek Paarl.

Neëntig jaar later en die Paarl Rolbalklub staan steeds sy plek vol. Om presies te wees, is die Paarl Boulsklub, soos dit destyds bekendgestaan het, amptelik in September 1932 gestig.

Paarl Rolbalklub in toeka se tyd

Destyds het ‘n stel houte met leersakkies vyf pond gekos; een dosyn ivoor-“tabs” se prys was twee pond. Ledegeld was £2/2/- en intreegelde £1/1/-. Ongetroudes het afslag gekry – met ledegeld £1 en intreegeld £1/1/-.

21

VARS | September

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online