VARS_SEPT 2022

Die Paarl Rolbalklub hou ook ‘n interne liga met verskillende soorte kompetisies. Dié liga begin in November en eindig in Maart. Hul vlagskiptoernooi, die Paarl Classic, word op 1 en 2 Oktober 2022 gehou. Die gesamentlike prysgeld is R10 000. Die Paarl Classic is reeds volbespreek deur spelers van regoor die Wes-Kaap; daar is selfs deelnemers van Kimberley! ‘n Ander baie gewilde toernooi is die Sakeliga wat jaarliks in Februarie gehou word. Die Sakeliga duur vyf weke lank en word in die aand – gewoonlik Dinsdagaande – gespeel. Sowat 28 spanne – met 112 spelers – neem deel.

Wynand Viljoen, Paarl Rolbalklub President

Hoe word rolbal gespeel? Vir diegene wat nie die sport ken nie, is rolbal, per definisie, ‘n sport waar balle op ‘n grasbaan gerol word. Die doel is om jou bal so naby as moontlik aan die kleiner doelbal te rol. ‘n Punt word verwerf vir elke bal wat nader as ‘n teenstander se bal gaan lê. Rolbal word individueel of in spanne van twee, drie of vier spelers elk gespeel. Paarl Rolbalklub in nou se dae Die Paarl Rolbalklub is een van die groter klubs, vertel die president van die klub, Wynand Viljoen, hoewel met relatief min spanne. Om in die liga te speel, moet jy ‘n minimum van agt mans en agt vroue hê. Die Paarl Rolbalklub het om en by 70 lede, maar baie ouer mense is egter nie meer bereid om so ver te ry nie en dit bemoeilik sake.

Rolbal word individueel of in spanne van twee, drie of vier spelers elk gespeel.

Follow us

@drakensteinmunicipality

@DrakensteinMunicipality

22

VARS | September

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online