VARS_SEPT 2022

Wyk 18 se dorpsgedeelte bestaan uit Wellington-Noord en Stokeryweg, Ladylockweg en Pentzstraat tot by Hospitaalstraat, ‘n gedeelte van die voordorp en die nywerheidsgebied van Wellington, Hoofstraat en ‘n gedeelte van Kerkstraat. Die skole, Pauw Gedenk Primêre Skool, Soetendal Primêre Skool, Laerskool Hugo Rust en Wagenmakersvallei Primêre Skool val binne die grense van Wyk 18. “Ons is trots en bevoorreg om ook die CPUT Kollege kampus, Hugenote Kollege kampus en die Wagenmakersvallei Opleidingsentrum in ons wyk te hê,” sê raadslid Baron. Hierdie skole, kolleges en sentrum speel ‘n belangrike rol in die opvoeding en ontwikkeling van ons primêre en naskoolse leerders. Wyk 18 bied nie net ondersteuning aan skole nie, maar ook aan bejaardes, werkloses, kleuterskole en sport instansies. Hulle gee dikwels erkenning aan sportprestasies. Die Uitvoerende Burgemeester se manifesto en opdrag was duidelik: Maak seker dat Drakenstein ‘n skoon en veilige stad is. Daarom het raadslid Baron kameras in sekere probleem-areas in haar wyk laat installeer en verdere kameras word beplan. “Dienslewering is vir ons belangrik en ons pak elke uitdaging onmiddellik aan. Ons wykskomitee speel ook ‘n belangrike rol daarin om na die wyk se behoeftes om te sien,” benadruk sy. Die wykskomitee bestaan uit kundige mense met ‘n passie vir die gemeenskap en werk van Dag 1 af hand aan hand met die raadslid. “My gunsteling-aanhaling as ‘n leier is: ‘Live a life full of humanity, gratitude, intellectual curiosity and never stop learning’. Dit is vir my ‘n eer om die wyksraadslid van Wyk 18

Wyk 18 se Raadslid ‘Pak Elke Uitdaging Onmiddellik aan’ Raadslid Elizabeth Baron is die raadslid vir Wyk 18 van Drakenstein Munisipaliteit. Sy is die afgelope 11 jaar reeds by die plaaslike politiek betrokke. Sy is die Munisipaliteit se Burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe Dienste en dien ook op verskeie komitees. Raadslid Baron is ‘n DA-raadslid en sy dien tans in haar eerste termyn as raadslid by die Munisipaliteit. Wyk 18 het ongeveer 4 100 volwasse inwoners. Die area is hoofsaaklik ‘n landelike gebied met gevestigde boerderye waar graan, wyndruiwe, uitvoerdruiwe en ander vrugte verbou word.

te wees,” sluit raadslid Baron af. Om raadslid Baron of enige ander wyksraadslid van Drakenstein Munisipaliteit te kontak, kliek hier .

26

VARS | September

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online