VARS_SEPTEMBER 2023

Sake-onderhoud: Laborie

Eers was daar die Hugenote In 1691 is Laborie aan die Franse Hugenoot, Isaac Taillefert, toegestaan. Binne slegs sewe jaar het die nuwe eienaar en sy seun, Jean Taillefert, reeds wyn van so ‘n goeie gehalte gemaak dat hulle dit aan besoekers kon voorsit. Met hul kennis van Franse wingerdboutegnieke het die Taillefert-familie ‘n stewige grondslag vir die wingerde en wynproduksie op Laborie gelê. Nou, meer as 300 jaar later, pluk Laborie steeds die vrugte hiervan.

Waar in die wêreld kry jy ‘n wynlandgoed reg in die middel van die dorp waarvan jy die wingerde sommerso van die hoofstraat af kan bewonder? In die Paarl is dit die Laborie-wynlandgoed wat só beïndruk. As jy eers by die hekke ingery het, sal jy nooit raai jy is in die middedorp nie. Dié wynplaas het ‘n ryk geskiedenis en is wyd en syd bekend. Dit is een van Drakenstein se gesogste attraksies wat nie misgeloop moet word nie!

Die Laborie-wynlandgoed speel ‘n deurslaggewende rol in werkskepping in die Drakenstein-streek.

Dié wynplaas het ‘n ryk geskiedenis en is wyd en syd bekend.

VARS | September

12

Made with FlippingBook Ebook Creator