VARS_SEPTEMBER 2023

Laborie bied ‘n wye reeks ervarings aan.

Besoek Laborie vandag Vir plaaslike en internasionale besoekers dra Laborie se historiese nalatenskap by tot die unieke aantrekkingskrag wat hierdie wynlandbestemming bied. Die erfenisryke agtergrond vertel die storie van die plaas en eiesoortige kultuur. Tydens ‘n besoek aan Laborie kan ‘n mens ook meer van die streek se wynmaaktradisies leer. Die plaas bied ‘n wye reeks ervarings aan die besoeker, wat natuurlik hul wyne insluit, maar ook veel meer. Begin dus met ‘n wynproe! Daar is ook ‘n plaas deli, restaurante en pieknieks. As jy ‘n Fikse Fanie of Energieke Ella is, wag daar ‘n paar lekker bergfietsroetes op jou. Jy kan ook op Laborie – in luukse dubbelkamers of ‘n verskeidenheid suites – oornag. As jy onlangs die ja-woord gevra of gegee het, is daar ‘n trouvenue – wat verblyf insluit – om te oorweeg. Jeanne Carstens, wat die bemarking van Laborie behartig, sê die plaas se veelsydige attraksies bied iets vir elkeen. “Hierdie dinamiese reeks ervarings posisioneer Laborie as ‘n gesogte bestemming wat die plaaslike toerismesektor verbeter deur ‘n breër demografie van besoekers te lok.” Terselfdertyd moedig dit langer verblyf in die Paarl aan.

Plaaslik is smaaklik Laborie is trots daarop dat hul restaurante sover as moontlik plaaslike bestanddele gebruik. Hul span glo dat dit nie net die besoeker se “smaak-reis” verbeter nie, maar ook die plaaslike ekonomie ondersteun en volhoubare praktyke bevorder. Deur met nabygeleë produsente saam te werk, stimuleer dié landgoed ekonomiese groei en krimp sy koolstofvoetspoor deur nie onnodige vervoer te gebruik nie. Dít lei weer tot die bevordering van die Drakenstein-gemeenskap. Die Laborie-wynlandgoed speel ook ‘n deurslaggewende rol in werkskepping in die Drakenstein-streek. Aangesien die landgoed ‘n verskeidenheid ervarings aanbied, benodig hulle juis ‘n diverse arbeidsmag wat tot meer werksgeleenthede, tot voordeel van die breër gemeenskap, lei. Kom kuier saam By Laborie ervaar jy die ritme van ‘n wynplaas terwyl jy omring word deur wingerde en die Paarlberg op jou neerkyk. Die natuurskoon van die omgewing stem besoekers tot rustigheid. Kyk wat daar alles te doen, ervaar, eet en drink is by laborieestate.co.za

VARS | September

13

Made with FlippingBook Ebook Creator