VARS_SEPTEMBER 2023

Die Nederburg Vastrappers is ‘n dinamiese rieldansgroep van die Paarl.

Rieldans – Gooi Mielies!

Rieldans is kotiljons, dis stoftrap en tiekiedraai, dis wip en wikkel, dis boude skud, dis askoek slaan! Dié dans word gekenmerk deur matelose energie, alles in ‘n gees van kappityt! Dis die ene lewensvreugde.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) beskryf rieldans as die oudste danssoort in Suider-Afrika omdat die hedendaagse vorm direk na die Khoi-San, die eerste bewoners van die streek, herlei kan word. Destyds het die Khoi-San na ‘n goeie oes of jagtog, sowel as wanneer daar feesgevier is, in sirkels om die vuur gedans. Baie van die rielpassies wat vandag steeds uitgevoer word, word ook in die vorm van ‘n sirkel gedoen.

Follow us

@DrakensteinMunicipality

@drakensteinmunicipality

VARS | September

16

Made with FlippingBook Ebook Creator