VARS_SEPTEMBER 2023

In Afrikaans het die dans die rieldans geword vanweë die ooreenkoms met die Skotse riel of “reel”. Hulle hét dit, gebore mét dit! Die Nederburg Vastrappers is ‘n dinamiese rieldansgroep van die Nederburg Primêre Skool in die Paarl. Dié groep is baie talentvol en hét hulle gees?! Hulle naam vang wat hulle doen, mooi vas. Bygesê, hulle kan nie net vastrap nie, maar ook los trap wanneer die storie wat hulle met hul dans uitbeeld dit vereis. By die onlangse Presidensiële Imbizo in die Paarl het die Nederburg Vastrappers vir groot vermaak gesorg en die Presidensiële afvaardiging beïndruk met hul energieke rieldanspassies én vlugvoetigheid.

Dié groep is baie talentvol en hulle het gees.

Hulle kan nie net vastrap nie, maar ook los trap wanneer die storie wat hulle met hul dans uitbeeld dit vereis.

VARS | September

17

Made with FlippingBook Ebook Creator