VARS_SEPTEMBER 2023

Die Nederburg Vastrappers het in 2018 ontstaan met slegs een span. Sedertdien het hulle gegroei tot vier spanne wat aan kompetisies deelneem om ondervinding op te doen en hul dansvaardighede te slyp. Al die spanlede is passievol oor rieldans. Op 14 Mei 2023 het die Nederburg Vastrappers hul eerste Rieldansfees gehou. Dit was ‘n baie suksesvolle geleentheid waaraan agt spanne deelgeneem het. Op 9 September 2023 was dit weer tyd vir ‘n plesierige opskop en die tweede Rieldansfees is gehou.

Soos hulle sê: Hulle hét dit, gebore mét dit!

Kyk hier hoe die Nederburg Vastrappers dit uitkap terwyl hulle onder andere diere naboots!

VARS | September

18

Made with FlippingBook Ebook Creator