VARS MAY 2023

Lorensia Thomas, Bestuurder: Biblioteek- en Inligtingsdienste van Drakenstein Munisipaliteit, beklemtoon dat biblioteke ‘n samelewing laat floreer en ook as “veilige hawens” dien. Sy sê biblioteke se grootste taak is om lees en die liefde vir boeke te bevorder, maar daar is ook baie ander dienste wat biblioteke lewer, bo en behalwe basiese biblioteekdienste. ‘n Biblioteek is byvoorbeeld ‘n eenstop-dienspunt, verduidelik Lorensia. Leesontwikkeling, die versameling van inligting, kopieerdienste, toegang tot die Internet en die beëdiging van verklarings vind alles by biblioteke plaas. Daarby lewer hulle ondersteunende dienste aan staatsdepartemente, onderwysinstellings, maatskaplike organisasies en die Ontvanger van Inkomste. Biblioteke fokus ook op die bewusmaking van maatskaplike kwessies en moedig interaksies aan. Veral vroeë kinderontwikkeling kry heelwat aandag aangesien dit een van die belangrikste boustene van ‘n samelewing is. Dit is Lorensia se werk om al die biblioteke in Drakenstein te bestuur, waarvan die Paarl Biblioteek die grootste is en ‘n baie diverse gemeenskap bedien. Sy is al 38 jaar lank by biblioteekdienste betrokke en het haar loopbaan begin deur haar vier-jaar Biblioteek- en Inligtingsgraad sowel as ‘n meestersgraad aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf. Haar eerste werk was by die Idasvallei Biblioteek op Stellenbosch.

Drakenstein se biblioteke is 'n veilige hawe vir gemeenskapslede.

'n Biblioteek is 'n eenstop-dienspunt. “ „

13

VARS | May

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator