VARS MAY 2023

Bibliotekaresse in Drakenstein dien die gemeenskap met blydskap.

Biblioteke kweek kreatiwiteit aan

Die aspek van haar werk wat sy die meeste geniet, is om te ervaar hoe mense se lewens verander word deur die diens en hulp wat hulle by biblioteke kry. In haar ervaring is biblioteke “die buffer van ondersteuning” omdat hulle talle gefragmenteerde gemeenskappe bedien. Sy sê verder: “Biblioteke is die poort na die lewenslange voortbestaan van geleerdheid, hetsy formeel of informeel.” Daarom fokus die programme wat biblioteke aanbied juis hierop, om lees hul superkrag te maak, en kweek kreatiwiteit en innovasie by jongmense aan. Drakenstein Munisipaliteit se biblioteke word meestal deur jongmense gebruik, veral vir al die dienste wat daar beskikbaar is. “Dis opmerklik hoe jongmense se leespatrone aan die verander is.” Op ‘n vraag of sy dink biblioteke aan die uitsterf is, is Lorensia se antwoord ‘n onomwonde nee. Haar mening is dat biblioteke nog lank van nut vir ons gemeenskappe sal wees omdat hulle ‘n eenstop-diens lewer sowel ‘n verskeidenheid van bykomende dienste, en elke dag iets nuuts bied.

14

VARS | May

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator