VARS MAY 2023

Biblioteke in Drakenstein wakker ‘n liefde vir lees en boeke aan en bied ‘n veilige hawe vir gemeenskapslede. Hier kan jy ook daardie stil hoekie geniet. Klik “speel” om te sien hoe ons dit regkry.

Biblioteke gee ook stil plekkie vir leerders om te studeer Sy sluit by Lorensia aan deur te sê dat biblioteke nie net meer ’n plek is waar boeke gesirkuleer word nie, soos in die verlede nie. Vir kinders en jongmense wat nie altyd vrye toegang tot sekere dienste het nie, help Drakenstein se biblioteke deur ’n stil plekkie te voorsien om te lees of te studeer, sowel as rekenaars en gratis Wi-Fi beskikbaar te stel. Biblioteke help ook die Departement van Onderwys met die registrasieproses van nuwe leerders (veral met die maak van afskrifte en die skandering van dokumente), sowel as met primêre en sekondêre skoolaansoeke.

Die funksie van biblioteekdienste lê grotendeels by die Provinsiale Regering, terwyl Drakenstein Munisipaliteit die beskermheer van biblioteekdienste in die Drakenstein- area is. Só verduidelik Natalene Hoffman, ‘n administratiewe beampte by Drakenstein Munisipaliteit se Biblioteek- en Inligtingsdienste. Die Munisipaliteit is verantwoordelik vir die diens, instandhouding van geboue, asook die dekking van moontlike tekorte ten opsigte van operasionele begroting. Dus speel die Munisipaliteit ’n baie belangrike rol in die suksesstories van biblioteke en hul besoekers.

Follow us

@drakensteinmunicipality @DrakensteinMunicipality

15

VARS | May

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator