VARS MAY 2023

Wys jou staal! ‘n Ou Afrikaanse idioom lui: Jy kan nie yster met jou hande breek nie. Dit beteken jy kan nie die onmoontlike probeer doen nie. Maar by Fabrinox, ‘n metaalvervaardiger in Charleston Hill, Paarl, breek hulle amper yster met hulle hande, by wyse van spreke. Fabrinox vervaardig ‘n wye reeks produkte in verskeie materiale soos vlekvrye staal, aluminium en sagte staal. As ‘n ingenieurswerke-onderneming bied hulle omvattende vervaardigingsoplossings vir verskillende industrieë soos landbou, voedsel en drank, mynbou, waterbehandeling, en mariene en hernubare energie.

Fabrinox wys al vanaf 1993 hul staal.

Baie ysters in die vuur

Fabrinox is beslis ‘n metaalvervaardiger met baie ysters in die vuur. Die maatskappy het in September 1993 begin handel dryf en is oorspronklik gestig met die doel om spesialiskomponente te voorsien. Vandag strek hul dienste vanaf die vervaardiging van individuele komponente, tot by die installering en toets van subsamestellings, asook projekbestuur. Hierdie dienste word plaaslik, sowel as vir kliënte regoor die wêreld aangebied. Nie net is Fabrinox se vervaardigingsontwerpe innoverend en hul kwaliteit betroubaar nie, maar hulle sien ook om na elke kliënt se unieke behoeftes. Fabrinox se visie is om ‘n wêreldklas metaalvervaardiger te wees wat voortdurend vir hul kliënte ‘n nuwe aanslag en volledige

Drakenstein is die ideale adres vir Fabrinox.

16

VARS | May

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator