VARS MAY 2023

Fabrinox ondersteun die plaaslike gemeenskap.

vervaardigingsoplossings bied. Hulle streef daarna om altyd hoogs akkurate en spoedige dienste te bied. Elke spanlid – of “man van staal” – is geskool en ervare in hul veld; daarby is hul toegewyd aan die maatskappy se uitmuntende werkstandaarde en etiese waardes.

kompeterende praktyke te implementeer, wat hul kliënte meer mededingend maak. Fabrinox is trots daarop dat hul vaardighede ‘n positiewe bydrae tot die gemeenskap in Drakenstein lewer. Hulle bied gereeld vakleerlingskappe vir plaaslike ambagslui aan, tesame met internskappe vir ingenieurstudente wat praktiese ondervinding as deel van hulle kwalifikasievereistes moet opdoen. Fabrinox glo daaraan om die plaaslike gemeenskap te ondersteun. Juis daarom bied hulle ondersteuning aan projekte soos die Mbekweni Youth Centre en Ma’s vir Wellington. Sedert hul ontstaan ‘n paar dekades gelede kon Fabrinox werksgeleenthede in ‘n verskeidenheid beroepe vir ‘n groot hoeveelheid plaaslike inwoners bied. Dit is nog steeds die geval - die meerderheid van die werksmag by Fabrinox is woonagtig in Drakenstein. Dit beteken dus dat werkverskaffing in Drakenstein aktief ondersteun word. Só wys Fabrinox hulle staal en bou saam aan ‘n stad van uitnemendheid in Drakenstein. Vir meer inligting stuur gerus ‘n e-pos na info@fabrinox.com of besoek https://www.fabrinox.com/ .

Wys hul staal in Drakenstein

Drakenstein is die ideale adres vir Fabrinox, juis omdat die area beskik oor so ‘n groot poel goeie geskoolde ambagsmanne en -vroue, sowel as ‘n stewige ingenieurskorps in vlekvrye staal vervaardiging. Verder is daar ook verskeie besighede in Drakenstein wat die voedselbedryf bedien, wat beteken dat die area gewild is onder werkers met hierdie spesifieke vaardighede. Laastens is die arbeidstabiliteit in Drakenstein ‘n groot trekpleister vir besighede en beleggers. Fabrinox dra op verskillende maniere tot die ekonomie van Drakenstein by. Eerstens diens hulle verskeie besighede wat in die area geleë is. Tweedens is hul dienste van so ‘n aard dat hul produkte deel vorm van die produk of diens wat hul kliënt op hul beurt aan hul kliëntebasis aanbied. Derdens dien Fabrinox as ‘n kritieke komponent in die waardetoevoeging tot ‘n reeks vervaardigers en ingenieursfirmas wat oorspronklike toerusting en produkte van goeie gehalte lewer. Laastens belê Fabrinox voortdurend in nuwe tegnologie om meer

17

VARS | May

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator