VARS MAY 2023

Polo by Val de Vie Estate

Pret, spoed en opwinding. Alles tegelyk. Dis polo, sal polo-liefhebbers jou vertel. Polo is ‘n balspel, amper soos hokkie, máár die groot verskil is dat die bal met ‘n lang houthamer (in Engels word dit ‘n “mallet” genoem) deur ‘n perderuiter, vanaf die rug van ‘n perd wat galop, oor die doellyn geslaan word. In die volksmond – op plekke waar polo-speel bekend en gewild is – staan dit as die “sport van konings” bekend. By die Val de Vie Estate in die Paarl is die Stella Artois Val de Vie Poloklub-seisoen vanaf Oktober tot April.

Polo-ponies is besonder vinnige perde wat daarvan hou om te wen! Hulle kan skerp draai asook vinnig stop wanneer nodig. Bowenal kan hulle vinnig galop. Baie polo-ponies is voormalige resiesperde en dus opreg geteël. As hul resiesdae verby is, word hulle opgelei om polo-ponies te word. Die ponies se maanhare word kort geknip en hul sterte opgebind om te verhoed dat die hare tydens ‘n polo-spel in die houthamers verstrengel raak. Gewoonlik word daar op Woensdag- en Saterdagmiddae en Sondagoggende weeklikse

18

VARS | May

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator