VARS MAY 2023

Geografiese Inligtingstelsel: GIS in Drakenstein

As jy nog nooit daarmee gewerk het nie, het jy waarskynlik nog nie van GIS gehoor nie. In Afrikaans staan GIS vir Geografiese Inligtingstelsel (in Engels is dit “Geographic Information System”).

Wat beteken GIS?

Wanneer GIS toegepas word, kan interaktiewe navrae gedoen word, ruimtelike inligting geanaliseer word, data in kaarte gewysig word en die resultate van alles wat hier gestipuleer word, uitgebeeld word. els veral analise en visualisering. In die praktyk word ‘n verskeidenheid van tegnieke, prosesse en metodes gebruik wanneer met GIS gewerk word. In die professionele velde van ingenieurswese, beplanning, bestuur, vervoer of logistiek, versekering, telekommunikasie en besigheid is GIS van onskatbare waarde. Die gebruik van GIS lei daartoe dat daar in die geheel beter besigheid in Drakenstein gedoen word en dit gee ook aan beleggers ‘n in-diepte beskouing van die beleggingsdistrik of -area.

Die definisie van ‘n Geografiese Inligtingstelsel is ‘n stelsel wat ontwerp is om geografiese of ruimtelike data te versamel, stoor, manipuleer, ontleed, bestuur en voor te stel. GIS kan ook verwys na die vakgebied Geografiese Inligtingwetenskap (“GIScience”). Geografiese Inligtingwetenskap (ook geo- inligtingwetenskap) is ‘n wetenskaplike dissipline wat beskryf word as die samekoms van rekenaar-, sosiale- en natuurwetenskap wat geografiese inligting bestudeer. Dit het hoofsaaklik te doen met geografiese konsepte, aansoeke en stelsels.

Hoe werk GIS?

Doeltreffende GIS bestaan uit vyf komponente: hardeware, sagteware, data, mense en metodes.

6

VARS | May

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator