VARS MAY 2023

Die gebruik van GIS lei daartoe dat daar in die geheel beter besigheid in Drakenstein gedoen word en dit gee ook aan beleggers ‘n in-diepte beskouing van die beleggingsdistrik of -area. “ „

Die voordele van GIS

Wanneer jy haar vra wat die voordele van GIS is, sê Naajidah sy glo dat die “een-heid” van die Munisipaliteit inligting is. GIS verskaf nie net inligting nie, maar dié inligting kan ook geanaliseer word wat op sy beurt weer die Munisipaliteit help om meer ingeligte besluite rakende begrotings, beplanning en toekenning van hulpbronne te neem. Die volgende dienste in Drakenstein Munisipaliteit gebruik GIS-inligting wat gereeld opgedateer word: ingenieurs-, beplannings-, gemeenskaps-, finansiële en korporatiewe dienste. Spesifieke voorbeelde hiervan sluit in: die “Tree Application for Parks”, Parke en Oop Spasies, SeeClickFix, aansoeke vir beleggingsareas, wetstoepassing en veiligheid, gemeenskapsontwikkeling, en stads- en streeksbeplanning.

Waar GIS gebruik word, word lewensgehalte verhoog. Dit help met die bestuur van ‘n skoon, gesonde en veilige omgewing wat dienste, infrastruktuur en sosiale gelykheid aangaan.

Waar gebruik Drakenstein Munisipaliteit GIS?

Volgens Naajidah Lagardien-Du Plessis, GIS Ingenieurstegnikus van Drakenstein Munisipaliteit, betree die Munisipaliteit nou ‘n nuwe wêreld van gevorderde en innoverende ruimtelike analise. Daarvolgens wil die Munisipaliteit die manier waarop GIS-kennis na die organisasie oorgedra word – en die opleiding wat daarmee gepaardgaan – verander. Naajidah se span se doel is om ‘n blywende, volhoubare Enterprise GIS te beplan, ontwerp, bou en implementeer. beplanning, erfenisbronne en belangrike areas. Die Munisipaliteit het nie minder as 280 datalae en 70 webtoepassings nie. Waar dit besighede aangaan, word formele en informele handel, sakekorwe, nuwe Drakenstein Munisipaliteit karteer alle historiese data, insluitende ruimtelike

Boom-toep maak boombestuur maklik

Die “Tree Application for Parks” is ‘n toep(assing) wat spesifiek geskep is vir die Munisipaliteit se Parke en Oop Spasies-span, waar die toestand van bome insluitende spesifieke liggings en foto’s van die bome gestoor word. Só kan bome of boomtakke wat ‘n potensiële gevaar vir mense, geboue of motors inhou, geïdentifiseer en aangespreek word. Die Parke en Oop Spasies-span hou ook boek van die spuit van bome,

ontwikkelings, beleggingsareas en sake-opnames rakende munisipale dienste aangeteken.

7

VARS | May

Made with FlippingBook Digital Proposal Creator